Gamtoos-besproeiingsraad  -  Gamtoos Irrigation Board

 

HomeMy WaterAlgemene VraeStatistiekNuusKontakinligting

 

 

 

Die Besproeiingsraad bestuur tans 15 projekte namens Waterwese in die Oos-Kaap. Die projekte behels ondermeer die uitroei van indringerplante, rehabilitasie van vleilande, die aanplant van dekgras waar Rooikrans uitgeroei word (St Francisbaai), proef-aanplantings van spekboom asook proefnemings en die teel van insekte vir biologiese beheer van indringerplante. Sowat 1000 arm mense werk in die projek. Die waarde van die werk beloop tans sowat R24m per jaar. Die Raad verdien kommissie op hierdie werke. Tans word hierdie inkomste gedeeltelik aangewend om watertariewe te subsidieer en 'n gedeelte word belê.

 

'n Baie interessante projek is die "Spekboom-projek" op ons voorstoep in Baviaanskloof. Tans word eksperimentele seksies geplant om meer oor hierdie wonderlike plant te leer. 'n Unieke eienskap van die Spekboom is dat dit baie meer Koolstof uit die atmosfeer onttrek as meeste ander bome - selfs bome wat massief is en baie meer water as die Spekboom gebruik. Die kans is goed dat die resultate van die eksperimente, wat deur erkende wetenskaplikes gemonitor word, daartoe aanleiding sal gee dat die Spekboom hervestig sal word in gebiede waar dit as gevolg van oorbeweiding tot niet gegaan het.

 

'n Ander projek in ons omgewing is die uitroei van indringerplante in die Kleinrivier (Hankey). Die grootste vyand in hierdie geval, is die Spaanse Riet.

 

 

 

Copyright(c) 2005 Gamtoos Water. All rights reserved.
gamtoos@lantic.net