Gamtoos-besproeiingsraad  -  Gamtoos Irrigation Board

 

HomeMy WaterAlgemene VraeStatistiekNuusKontakinligting

 

 

E-NUUSBRIEF 3/2005

 

Vir die maand Februarie 2005

 

Inhoud:

1.     Inleiding.

2.      Waterbeperkings.

3.      Damstand, reënval, ens.

4.      Werk-vir-Water nuus.

5.      Wenk vir die maand.

6.      Uit die geskiedenis.

7.      Lys van toerusting te huur.

8.      Algemeen

 

1.     Inleiding

 

Ons webwerf (www.gamtooswater.net) is nog nie ten volle in werking nie, maar u kan gerus gaan kyk. Maak dit sommer u tuisblad sodat dit op die skerm sal verskyn sodra u op die internet ingaan. Dit het handige skakels na onder andere elektroniese bankdienste en die weer. Om dit te doen gaan net na “Tools” in Internet Explorer en dan “Internet options” en dan verander u die adres soos hierbo.

 

2.      Waterbeperkings

 

Soos u teen hierdie tyd weet, is die beperkings vir die huidige waterjaar opgehef. Streng gesproke geld die 25% steeds ten opsigte van die totale hoeveelheid water wat deur die Raad aan besroeiers voorsien word. Dit kon egter “opgehef” word aangesien dit duidelik geword het dat die totale verbruik vir die waterjaar steeds minder as 75% gaan wees, al word die beperkings opgehef.

 

Dit is nogtans belangrik dat u as waterverbruiker weet watter proses gevolg word met die instel en opheffing van beperkings:

 

Baiekeer wil mense weet op watter vlakke van Kougadam word beperkings ingestel of opgehef. Ongelukkig is die antwoord nie so eenvoudig nie aangesien die Nelson Mandela Metropool Munisipaliteit (NMMM) ook water vanuit hierdie stelsel ontvang. Dit is ook so dat stedelike voorsiening voorkeur geniet bo landbou wanneer daar waterskaarstes is. NMMM kry water vanaf verskeie damme, waaronder ook die Gariepdam.

 

Die vlakke van die damme word voortdurend gemonitor en indien daar kommer bestaan, rig die Munisipaliteit, in oorleg met die Besproeiingsraad, ‘n gesamentlike versoek aan die Departement om ‘n ontleding van die situasie te doen.

 

Daar word ook van die dienste gebruik gemaak van  Raadgewende Ingenieurs wat spesialiseer in die ontleding van afloop na damme. Hulle sal dan op grond van die ontledings aanbeveel hoeveel water vir die waterjaar ingekort behoort te word. Die onderskeie partye sal dan aanbeveel hoeveel elke sektor besnoei moet word. Die Direkteur-Generaal van die Departement van Waterwese en Bosbou het die finale sê en moet dan ‘n besluit neem op grond van die aanbevelings. Die ondervinding is dat die aanbevelings gewoonlik aanvaar word. Om waterbeperkings opgehef te kry word dieselfde proses gevolg.

 

3. Damstand, reënval ens.

 

Inhoud van Kougadam soos op 28 Februarie 2005:  61.1%.

 

Interessantheidshalwe verstrek ek graag die dam persentasie aan die einde Februarie vir die afgelope 15 jaar:

 

 

 Die vlak van Kougadam was dus op 28 Februarie 2005 die 4de laagste die afgelope 15 jaar op dieselfde tyd. Ongeag hoe die watervlakke in die ander damme intussen verander, kan ons aanvaar dat waterbeperkings weer aan die begin van die volgende waterjaar op 1 Julie ingestel word, tensy ons ‘n goeie styging in Kougadam kry. Gelukkig is Maart een van ons beste reënmaande – so daar is darem nog ‘n redelike vooruitsig.

 

Reënvalsyfers vir Februarie (mm)

 

 

Patensie

Kougadam

Loerie

Langtermyn gemiddeld

57.1

59.3

85.4

Werklik gemeet 

1.6

5.4

10.5

 

Gemiddelde historiese watergebruikspatroon teenoor werklike verbruik 04/05

 

 

Kum. % oor  Maand   (Histories)

Kum % oor (Werklik)

Julie

96.2

96.9

Augustus

89.9

92.2

September

82.1

88.7

Oktober

75.9

82.8

November

65.8

72.9

Desember

55.1

 68.0

Januarie

44.1

 63.0

Februarie

31.8

 56.5

Maart

21.4

 

April

13.0

 

Mei

5.8

 

Junie

0.0

 

 

 

Let wel: Syfers is baseer op die normale kwota (Geen beperking).

 

 

Die waterverbruiksyfers lyk in hierdie stadium goed. Dit is egter belangrik dat ons steeds spaarsamig te werk gaan, want ons wil Kougadam so vol as moontlik hê wanneer die kwotas vir die volgende waterjaar vasgestel word.

 

4. Werk-vir-Water.

 

Daar is in 1995 begin met die uitroei van indringerplante in die opvanggebied van die Kougadam. Aanvanklik was die klem meer op werkverskaffing en is daar in gebiede gewerk waar die werkloosheid die ergste was. Sedert 1998 word die werk op ‘n meer strategiese manier gedoen – dit is naamlik om aan die bo-end van ‘n opvanggebeid te begin en dan stelselmatig stroom-af te werk. Ältesame 500-600 mense werk aan hierdie projek en tot datum is 180 000 hektaar reeds op die wyse skoongemaak. Daar is ook reeds120 000 hektaar met behulp van ‘n helikopter skoongemaak. Opvolgwerk is ook op hierdie areas gedoen. Die areas was eintlik relatief lig ge-infesteer – vandaar die baie hektare. Soos daar egter verder stroom-af beweeg word, neem die digtheid van hierdie bome geweldig toe. Ongeveer 80 000 hektaar moet nog skoongemaak word en dit kan nog 20 jaar neem. Dit is eintlik vanselfsprekend  dat die langtermyn-oplossing elders gevind moet word. Daarom word insekte tans geteel om hierdie uitheemse plante biologies te beheer. Binne die volgende 2 jaar sal loslatings van die insekte in die opvanggebied  gedoen word. Hierdie insek vernietig die Swart Wattle se sade sodat dit nie kan voortplant nie. Dit is egter ‘n tydsame proses aangesien die getalle van die insekte aansienlik moet vermeerder voordat dit werklik ‘n impak sal hê.

 

5. Wenk vir die maand.

 

Watermeters wat ons deesdae installeer, kan lae vloei akkuraat meet. Dit beteken dat lekkende pype of koppelstukke die meter laat registreer selfs al vind geen besproeiing plaas nie. Dit behoort besproeiers nog meer aan te moedig om lekkasies onmiddellik te herstel.

 

6. Uit die geskiedenis

 

Die pont by die mond.

 

Nadat goewerneur Jansens in 1803 op ‘n reis na die binneland ervaar het hoe moeilik en gevaarlik dit was om die Gamtoosrivier te kruis, het hy opdrag gegee dat ‘n pont gebou word ten einde oorgang te vergemaklik. So ‘n pont is gemaak van sterk plank, min of meer soos ‘n kort drywende brug. Die wa met osse is op die pont getrek, maar daar was net plek vir die wa en ses osse, die ander osse moes op ‘n hoop langsaan staan en kon nie help om die wa op te trek nie. Wanneer die water laag was, moes gewag word totdat die see opstoot sodat die pont gelyk met die walle kon staan. Toue  is gespan van die pont na die oorkantste wal en die pont is dan met die hande oorgetrek. Dit was dus ‘n gesukkel om oor die rivier te kom. Daar was baie ergernis en vertragings. Dikwels het dit gebeur dat karre, waens en perderuiters dae lank aan beide kante van die rivier vertraag is omdat hulle moes wag om te kan oorgaan.

 

Nogtans het die pont vervoer baie vergemaklik, maar dit was ‘n stadige proses as ons daaraan dink dat tot 500 waens per maand die pont moes gebruik.

 

Brug oor die Gamtoos

 

Vir meer as 30 jaar was daar agitasies vir ‘n behoorlike brug oor die Gamtoos rivier. Ook die parlementslede vir hierdie deel het daarvoor gepleit. Nadat besluit is om die brug te bou, het dit verskeie jare geduur om die werk te voltooi, veral omdat die rivier se bodem so ongunstig was en geen vaste fondament gekry kon word nie. Uiteindelik is dit voltooi en op 3 September 1895 geopen deur Mev Garcia, eggenote van die Siviele Kommissaris van Uitenhage. Die koste, wat oorspronklik op £20 000 beraam is, is met £4 000 oorskry, veral weens die vertragings om ‘n geskikte fondament te vind.

 

(Uit “Die brullende leeu getem” van G.F.Malan)

 

7. Lys van toerusting wat u kan huur

 

 

Beskrywing van toerusting

Tarief

 

 

Minimum huur/dag

1

Kaizer ("Spinnekop"): Gamtoos

R 553.22

per uur

(Min. 2 ure)

R 1,106.44

2

Kaizer ("Spinnekop"): Impala

R 501.31

per uur

(Min. 2 ure)

R 1,002.62

3

JCB Slootgrawer/Voorlaaier (56kw) 4x4

R 190.80

per uur

(Min. 4 ure)

R 763.20

4

Bell Laaigraaf (115kw :1.8Kub. m.)

R 184.40

per uur

(Min. 4 ure)

R 737.61

5

M/B Voorhaker + sleepwa (243kw, 25ton)

R 10.04

per km.

(Min. 50 km.)

R 501.96

6

M/B Platbak (14t) met met kraan (5t)

R 163.92

per uur

Hoogste van 4 ure of R6.44/km

R 655.67

7

M/B wipbak (5t)

R 157.08

per uur

(Min. 4 ure)

R 628.33

8

Toyota wipbak (5t)

R 147.52

per uur

(Min. 4 ure)

R 590.09

9

Nissan platbak (7t)

R 162.55

per uur

(Min. 4 ure)

R 650.21

10

Kompressor (10 kub.m./min) + brekers

R 128.40

per uur

(Min. 4 ure)

R 513.60

11

Fiat trekker (75kw)

R 132.50

per uur

(Min. 4 ure)

R 530.02

12

Waterhok (5000 liter)

R 202.16

per vrag

(Min. 4 ure)

 

13

Betonmenger (0,2 kub.m.)

R 318.27

per dag

(Min. 1 dag)

R 318.27

14

Betonmenger (klein)

R 174.84

per dag

(Min. 1 dag)

R 174.84

15

Beton stortwa ("Shuttle dumper")

R 275.92

per dag

(Min. 1 dag)

R 275.92

16

Waterpomp (4")

R 73.76

per uur

(Min. 4 ure)

R 295.04

17

Waterpomp (6")

R 91.52

per uur

(Min. 4 ure)

R 366.08

18

Sweistoestel (Petrol)

R 165.28

per dag

(Min. 1 dag)

R 165.28

19

Kragopwekker (Klein)

R 73.76

per dag

(Min. 1 dag)

R 73.76

20

Kruiwa

R10.13

per dag

(Min. 1 dag)

R 10.13

 

Ja, ons verhuur van ‘n spinnekop tot ‘n kruiwa!

Voorwaardes:

     Hierdie tariewe geld vir die tydperk 1 Oktober 2004 tot 30 September 2005

 

     Die minimumtarief is nie van toepassing op ‘n vragmotor wat ‘n gehuurde masjien moet vervoer tussen die plek waar die masjien werk en die GBR-sentrum nie.

 

     Drywer/Operateur en brandstof is ingesluit by huur, uitgesonderd items 14 en 20.

 

     Vir die vervoer van aartappels na P.E.mark is die prys R0-90 per sakkie. (Dit is ‘n vereiste dat aartappels op palette moet wees).

 

      Vir groente R738 per vrag na P.E. en vir terugrit R 1-84 per sak sement of R370 vir ander vrag. (Die R738 per vrag groente is slegs van toepassing wanneer ander vrag teruggebring word).

 

      Slegs boere met inlysting hoef nie vooruit te betaal nie, maar moet wel binne die eerste maandeinde ná ontvangs van die rekening betaal.

 

      PRYSE SLUIT NIE BTW IN NIE.

 

Die kontakpersoon is Fanie Bekker by 042-283 0329 (07:15 – 08:30) of 083-332 9659

 

8. Algemeen

Klagtes word gereeld van besproeiers ontvang van filters wat verstop. Dit is gewoonlik in gevalle waar sitrus d.m.v. mikro of drup besproei word. Sitrus gebruik ongeveer 30% van die besproeiingswater of 24% van al die water wat uit Kougadam voorsien word. Sedert ons ‘n paar jaar gelede begin het om die alge in die kanaal chemies te beheer, is daar eintlik baie minder deeltjies in die water wat filters behoort te verstop. Die beheer van die alge is redelik maklik en relatief goedkoop. Die volgende stap sou wees om ‘n reeks suiweringstoestelle langs die kanale te bou. Tans word water aan die besproeier teen ‘n koste van 12c per kubieke meter voorsien. Munisipale (gesuiwerde) water kos sowat R4 per kubieke meter (meer as 30 keer die prys!). Dit gee ‘n goeie idee wat die koste is vir die suiwering van water. Die kern van die saak is dat, veral boere wat drup-en mikrobesproeiing gebruik, moet verseker dat die filters wat hulle aanskaf, die water doeltreffend kan suiwer.

 

Groete,

 

Pierre Joubert

Hoofbestuurder: GBR 

 

 

 

Copyright(c) 2005 Gamtoos Water. All rights reserved.
gamtoos@lantic.net