Gamtoos-besproeiingsraad - Gamtoos Irrigation Board |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
NUUSBRIEF 2/2004
06 Desember 2004
Inhoud:
1. Inleiding 2. Waterbeperkings 3. Damstand, reënval, ens. 4. Werk-vir-Water nuus 5. Algemeen
1. Inleiding
Die reaksie op ons eerste Nuusbrief was baie positief en ons het ook die volgende voorstelle ontvang:
" Aangesien die telefoonlyne in sommige dele van die vallei baie probleme gee met die aflaai van e-pos, moet ons die "bytes" so laag as moontlik hou. " Voorsien watergebruiksyfers.
Fotos en grafieke gebruik gewoonlik die meeste spasie. Ons kan dit oorbrug deur fotos se resolusie te verminder. (Die vorige nuusbrief was 229 kb teenoor die 168 kb van hierdie brief).
Ons is tans besig om die moontlikheid van ons eie webwerf te ondersoek. Indien ons vind dat dit wel regverdigbaar is, sal daar nie sulke probleme wees nie en sal u as besproeier toegang tot baie meer inligting hê soos u waterverbruik, grondeskrywing, inlysting, meterlesings, waterrekenings en vele meer.
2. Waterbeperkings
Die beperking van 25% is steeds van krag.
3. Damstand, reënval ens.
Inhoud van Kougadam soos op 30 November: 60,1 %
Reënvalsyfers vir November
Gemiddelde historiese watergebruikspatroon teenoor werklike verbruik 04/05
Let wel: Die verbruik vir 04/05 is baseer op die verminderde kwota (75%).
Soos hierbo aangedui, was die reënval vir November ver onder normaal. Dit is veral kommerwekkend aangesien November tradisioneel ons beste reënmaand is. Volgens die gemiddelde verbruikspatroon is dit duidelik dat meeste besproeiers goed beplan het en reeds sedert Julie water bespaar. November se min reën het almal egter genoodsaak om meer water te gebruik. Die troos wat ons in hierdie stadium het, is dat die beperkings nie verskerp sal word nie aangesien daar vanaf die begin van die waterjaar taamlik konserwatief beplan was. Besproeiers wat dink hulle sal nog water van mede-besproeiers kan aankoop, waag egter baie, want daar is in hierdie stadium nie boere wat bereid is om water te verkoop nie.
Leuse vir die maand:
Beplan konserwatief as u enige aanplantings doen.
4. Werk-vir-Water.
Soos in die vorige nuusbrief gemeld, bestuur ons tans 15 projekte in die Oos-Kaap. 'n Baie interessante projek is die "Spekboom-projek" op ons voorstoep in Baviaanskloof. Tans word eksperimentele seksies geplant om meer oor hierdie wonderlike plant te leer. 'n Unieke eienskap van die Spekboom is dat dit baie meer Koolstof uit die atmosfeer onttrek as meeste ander bome - selfs bome wat massief is en baie meer water as die Spekboom gebruik. Die kans is goed dat die resultate van die eksperimente, wat deur erkende wetenskaplikes gemonitor word, daartoe aanleiding sal gee dat die Spekboom hervestig sal word in gebiede waar dit as gevolg van oorbeweiding tot niet gegaan het.
'n Ander projek in ons omgewing is die uitroei van indringerplante in die Kleinrivier (Hankey). Die grootste vyand in hierdie geval, is die Spaanse Riet.
5. Algemeen.
Kyk net hoe het die Gamtoosrivier in 1959 by Andrieskraal gelyk! (Foto met vergunning van Danie Malan).
Onthou, enige voorstelle om hierdie nuusbrief te verbeter, sal hoog op prys gestel word.
Groete,
Pierre Joubert Hoofbestuurder: GBR
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Copyright(c) 2005 Gamtoos Water. All rights reserved.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||