Gamtoos-besproeiingsraad  -  Gamtoos Irrigation Board

 

HomeMy WaterAlgemene VraeStatistiekNuusKontakinligting

 

 

 NUUSBRIEF 1/2004

 

03 November 2004

 

Inhoud:

 

1.      Inleiding

2.      Waterbeperkings

3.      Damstand, reënval, ens.

4.      Werk-vir-Water nuus

5.      Algemeen

 

1.      Inleiding

 

Hierdie is die eerste elektroniese nuusbrief van die Gamtoos-Besproeiingsraad. Dit is spesifiek gemik op watergebruikers vanuit Kougadam en het ten doel om besproeiers  op hoogte te hou oor water-en boerdery aangeleenthede.

 

Dit sal op 'n maandelikse basis per e-pos uitgestuur word. In tye van vloede of ander belangrike gebeurtenisse, kan kennisgewings selfs op 'n uurlikse basis uitgestuur word ten einde u op hoogte te hou.

 

Daar gaan gepoog word om die nuusbrief kort en kragtig te hou, maar enige voorstelle van u kant om dit te verbeter, sal hoog op prys gestel word.

Die volgende sal ondermeer ingesluit word:

 

"       Inhoud van Kougadam

"       Reënvalsyfers

"       Watertariefverhogings (Wanneer van toepassing).

"       Waterbeperkings (Wanneer van toepassing).

"       Droë periodes (Wanneer van toepassing).

"       Belangrike gebeurtenisse.

"       Vloedsyfers, wat die volgende sal insluit:

      Vloei by die Stuurmanskraal meetwal naby Kareedouw.

      Invloei in Kougadam

      % Inhoud van Kougadam

      % Inhoud van Beervleidam.

      Oorvloei oor Beervleidam

      Vloei in Grootrivier te Sandpoort

      Vloei in Grootrivier te Komdomo.

 

U sal waarskynlik vind dat die inligting wat in tye van vloede verskaf sal word, baie nuttig sal wees. Ons het deesdae satelietverbindings met al die bogenoemde meetstasies en afgesien van direkte lesings wat ons kan neem, kan ons ook die vloeirekords oor 'n tydperk kry, m.a.w. mens kan bv. sien of die vloei by 'n punt toeneem of afneem. Tydens vloede kan u dus deurlopend ten volle op hoogte gehou word.

 

2. Waterbeperkings

 

Die beperking van 25% is steeds van krag. Einde November sal die situasie hersien word. Die aanduidings is dat die beperkings beslis nie meer drasties gemaak sal word nie. November is tradisioneel 'n goeie maand vir invloei. Wie weet - dalk word die dam nog voor einde November vol sodat beperkings opgehef kan word!

 

3. Damstand, reënval ens.

 

Inhoud van Kougadam soos op 31 Oktober:  65,7%

 

Reënval (mm) vir Oktober:

Kougadam

24,3

Patensie

24,7

Loerie

65,2

 

Leuse vir die maand:

 

Spaar water. Herstel lekkasies. Moenie oorbesproei nie.

 

Die volgende interessante statistiek:

 

OPSOMMING VAN GEMIDDELDE REENVAL.

        (15 JAAR GEMIDDELD).    

                        

 

Patensie

Kougadam

Loerie

Januarie

41.5

42.0

49.9

Februarie

38.3

32.4

57.4

Maart

55.8

58.4

55.4

April

42.2

40.0

50.1

Mei

19.9

20.7

35.6

Junie

22.3

17.2

40.1

Julie

24.6

26.7

37.0

Augustus

36.8

36.7

63.3

September

27.4

31.3

51.3

Oktober

47.8

45.1

82.1

November

57.1

59.3

85.4

Desember

44.4

43.4

55.0

Totaal

458.0

453.1

662.6

Bogenoemde statistiek in grafiese formaat:

 

 

 

4. Werk-vir Water

 

Die Besproeiingsraad bestuur tans 15 projekte namens Waterwese in die Oos-Kaap.

Die projekte behels ondermeer die uitroei van indringerplante, rehabilitasie van vleilande, die aanplant van dekgras waar Rooikrans uitgeroei word (St Francisbaai), proef-aanplantings van spekboom asook proefnemings en die teel van insekte vir biologiese beheer van indringerplante. Sowat 1000 arm mense werk in die projek. Die waarde van die werk beloop tans sowat R24m per jaar. Die Raad verdien kommissie op hierdie werke. Tans word hierdie inkomste gedeeltelik aangewend om watertariewe te subsidieer en 'n gedeelte word belê.

 

 

Dekgras by St Francisbaai. Let op die vygies tussenin

 

 

Vleiland rehabilitasie in die Krommerivier

 

 

5. Algemeen

 

"       U is seker bewus van die Agri-expo wat vanaf 18  tot 20 November op Patensie aangebied word. Die Besproeiingsraad sal 'n stalletjie daar hê wat veral gaan fokus op die Werk-vir-Water komponent. Besoek gerus ons stalletjie.

"       Moet asseblief nie grond ontbos of in riviere met toerusting werk alvorens die nodige toestemming van die regte Staatsdepartemente verkry is nie. Veral Dept. Grondsake is baie streng en het al selfs boere in die vallei verplig om sulke gronde tot die oorspronklike toestand te herstel.

 

Onthou, enige voorstelle om hierdie nuusbrief te verbeter, sal hoog op prys gestel word.

 

Groete,

 

 

Pierre Joubert

Hoofbestuurder: GBR

 

 

Copyright(c) 2005 Gamtoos Water. All rights reserved.
gamtoos@lantic.net